ENGLISH | AFRIKAANS | DISCLAIMER
KOMMUNIKASIE VAARDIGHEDE WAT REGTIG WERK

D.O.L.

DOELTREFFENDE OUERSKAP LEIDING

Doeltreffende Ouerskap Leiding (D.O.L.) is deur die bekroonde sielkundige en drie-maal Nobel Vredes Prys genomineerde, Dr. Thomas Gordon in 1962 geskep. Dit is 'n agt-week groep werkswinkel vir enige persoon wat beter verhoudings wil bou met hul kinders, lewensmaat, vriende, of kollegas.

 Jy sal praktiese kommunikasievaardighede leer wat jou kan help om konflik en probleme in jou gesin op te los sodat niemand verloor nie en die probleme opgelos bly.  

Ongelukkig kom kinders nie met 'n handleiding nie en om 'n ouer te wees beteken nie altyd dat jy instinktief weet wat om te doen nie. Of jy nou die ouer van 'n kleuter of 'n tiener is, jy weet dat ouerskap soms uitdagend kan wees - selfs oorweldigend. 

Ons is hier om jou te help om praktiese kommunikasie- en konflikoplossingsvaardighede te leer wat jou sal help om meer gemotiveerd as ouer te voel. Ons blameer nie, en ons verneder nie, en ons mors nie met jou waardes nie. Klik hier om ons span te ontmoet. Ons het gesertifiseerde instrukteurs regoor Suid-Afrika en in die buiteland om van te kies. 

Alhoewel sommige mense D.O.L. as lewensveranderend beskryf, is daar geen towerkuns daaraan nie. Dit is soos om te leer motor bestuur, dit verg tyd en oefening. Ons werk met enige vaardigheidsvlak, met ouers van kinders van alle ouderdomme, en jy word aangemoedig om foute te maak en om pret te hê terwyl u leer. Klik hier om ons te kontak via die onderstaande vorm.

PROBLEEMOPLOSSING WAT TOT VOORDEEL VAN JOU GESIN IS

HOE JY EN JOU GESIN SAL BAAT VIND



Jou kinders sal die vrymoedigheid hê om hulle probleme en bekommernisse met jou te bespreek eerder as om te onttrek.



Hulle sal selfdissipline, selfbeheersing en ʼn innerlike sin vir verantwoordelikheid aanleer.



Julle sal leer hoe om saam met mekaar eerder as teen mekaar te werk.



Julle sal minder woedeuitbarstings en meer probleem oplossing ervaar.



Almal kan deelneem in die daarstelling van reëls sodat almal gemotiveerd voel om by die reëls te hou.



Minder magstryde – minder spanning, minder verwyte, meer pret, meer vrede, meer liefde.

LUISTER, PRAAT EN LEER

WAT JY SAL LEER



Hoe om met jou kinders te praat sodat hulle na jou luister.



Hoe om na jou kinders te luister sodat hulle werklik verstaan voel.



Hoe om konflik en probleme in jou gesin op te los sodat niemand verloor nie en die probleme opgelos bly.



ʼn Metode om gesinsprobleme te identifiseer en om te w eet watter vaardighede om te gebruik om die probleem op te los.

ONS HET DIE ANTWOORDE OP JOU VRAE

HOE DIE PROGRAM WERK

 

DOELTREFFENDE OUERSKAP LEIDING

Hierdie program word slegs aangebied deur instrukteurs wat deur Gordon Training International gesertifiseer is.

Die D.O.L. klas bestaan uit kort lesings, demonstrasies, werkboekoefeninge, rolspel, sommige huiswerk en kleingroep besprekings.

Elke deelnemer ontvang D.O.L. materiaal wat die 30ste herdenkingsuitgawe van die D.O.L. boek, ʼn D.O.L. werkboek, ʼn sertifikaat van deelname en ʼn kopie van Dr. Gordon se Kredo insluit. Hierdie is ʼn 24 uur program en die skedule word bepaal deur die individuele D.O.L. instrukteur asook die behoefte van die klient.

ONS IS GOEIE LUISTERAARS

KONTAK ONS