"Die kursus maak 'n mens se oë oop vir 'n nuwe lewenswyse. Ek het my kinders begin sien as individue wat dinge op hulle manier beleef. Ek het meer respek vir my kinders gekry en my kinders respekteer ook mekaar meer."  

Praktiese Kommunikasie Vaardighede vir Ouers

Ouerskap is waarskynlik die mees belangrike lewenstaak wat iemand kan vervul en ook die mees komplekse, maar waarvan daar meestal die minste kennis is wanneer mense ouers word!
Om ouer te wees beteken nie dat mens instinktief die regte dinge gaan doen nie. Die kursus in Doeltreffende Ouerskap Leiding (DOL) is daarop gerig om aan ouers praktiese kommunikasievaardighede te leer om hulle te help met hul taak as ouer, ongeag of hulle kinders kleuters of tieners is.

Die DOL kursus bied vaardighede vir die omskep van konflik in 'n positiewe groei-geleentheid deur te leer hoe om:
- Te luister na jou kinders, sodat jou kinders met jou sal praat
- Te praat sodat hulle na jou sal luister
- Konflik so te hanteer dat almal wen
- Waardebotsings reg te hanteer

Bou lewenslange goeie verhoudings met jou kinders!

Kreatiewe Ouerskap

Kreatiewe Ouerskap is 1998 deur Maggie Heyneke begin. Maggie is in 1981 opgelei as instrukteur in Parent Effetiveness Training (PET). Die kurus is later na Afrikaans vertaal as Doeltreffende Ouerskap Leiding (DOL). Die opleiding is aangebied deur ‘n instrukteur, Jim Robinson, van Gordon Training International (GTI) (www.gordontraining.com) en wie deur Frikkie von Kraayenburg (Lead the Field) na Suid Afrika gebring is.

Maggie bied DOL klasse aan vanaf 1981 toe haar kinders kleuters was, en sy lei ook instrukteurs vanaf 1999 op. Sy is die lisensie-houer van Gordon Training International vir PET/DOL in Suid Afrika. Met behulp van ander instrukteurs hersien sy die Afrikaanse DOL boeke gereeld om te verseker dat dit aanpas by veranderings in ons samelewing.

Daar is ook inligting, kommentaar en gesprek oor die kursus op FACEBOOK Kreatiewe Ouerskap , wat 'oop' is vir almal met FACEBOOK toegang.

Wat ouers sê...

"Probleme wat ek gedink het niemand sou kon oplos nie, het ek self opgelos m.b.v. die DOL kursus!"

"Ek het altyd besef dat daar beter metodes moes wees, maar hoe om daar uit te kom was 'n ander saak. DOL het my gewys hoe."

"Die kursus maak 'n mens se oë oop vir 'n nuwe lewenswyse. Ek het my kinders begin sien as individue wat dinge op hulle manier beleef. Ek het meer respek vir my kinders gekry en my kinders respekteer ook mekaar meer."

"Hoe suksesvol jy as ouer is, hang af van die manier waarop jy met jou kind praat". - Dr. Thomas Gordon, stigter van Gordon Training International