"Probleme wat ek gedink het niemand sou kon oplos nie, het ek self opgelos m.b.v. die DOL kursus!"  

Heidi Beyers

MIDRAND, CENTURION, JOHANNESBURG en SANDTON

Sel: 073 250 1040 of 082 417 6266
E-pos: heidibeyers@parents.co.za

Taal: Afrikaans of Engels

Heidi is ‘n oud-onderwyseres en die ma van vyf kinders. Sy is ‘n D.O.L instruktrise, asook ‘n kunstenares en ‘n kuns-onderwyseres.

Klasskedule:

Die kursus (8 lesse van 3 ure elk) bestaan uit kort lesings, demonstrasies, werkboek oefeninge, rolspel en groepbesprekings.

Die volgende klasse te Midrand begin te Crowthorne op Maandag aand 14 Mei 2012, 18:30 tot 21:30, en ook te Glen Austin op Woensdag oggend 16 Mei Februarie 2012, 09:00 tot 12:00, asook Saterdag middag 19 Mei 2012 van 14:30 tot 17:30.  Kontak Heidi vir meer inligting.

In haar eie woorde:

Ek het altyd gedink dat ouers die belangrikste en mees ingewikkelde taak in die wereld het, en ongelukkig kry hulle bitter min of geen opleiding om hulle daarmee te help.

Toe ek in 1986 van P.E.T. (Parent Effectiveness Training) gehoor het, het ek besluit om die kursus by te woon. Die spesifieke vaardighede en kommunikasie tegnieke wat ek daar geleer het, het my gehelp om liefdevolle en kwaliteit verhoudings met my vyf kinders op te bou - iets waarvoor ek baie dankbaar is.

Ek het besluit om ‘n P.E.T. (D.O.L) instruktrise te word toe ek besef hoeveel ouers daar is wat ‘n groot behoefte daaraan het om hulle verhoudings met hul kinders te verbeter. Dit is vir my belangrik om ouers te help om die regte vaardighede en tegnieke aan te leer sodat hulle wedersydse bevredigende en kwaliteit verhoudings met hulle kinders kan bou.

Terug