"Die kursus maak 'n mens se oë oop vir 'n nuwe lewenswyse. Ek het my kinders begin sien as individue wat dinge op hulle manier beleef. Ek het meer respek vir my kinders gekry en my kinders respekteer ook mekaar meer."  

Heidi Malan

PRETORIA en JOHANNEBURG

Tel: 012 808 0022
Sel: 082 904 8127
E-pos: heidimalan@parents.co.za
Adres: Nicolsonstraat 63, Brooklyn

Taal: Afrikaans/Engels

Heidi is ‘n oud-onderwyseres, en het ook Kliniese Sielkunde bestudeer.

Klasskedule:

Klasse word tipies oor 'n tydperk van 8 weke, een maal per week, drie ure per klas aangebied.

Heidi gaan in 2012 kursusse in Brooklyn, asook te Kameelfontein, aanbied. Kontak Heidi vir detail.

Datums vir BROOKLYN: Soggens van 09:30 tot 12:30. Volgende klasse is Woensdae oggende van 2 Mei tot 19 Junie 2012. Dan in die volgende termyn op Dinsdae oggende  van 7 Augustus tot 25 September 2012, en in die laaste termyn ook Dinsdae van 16 Oktober tot 4 Desember 2012.

In haar eie woorde:

In Desember 1998 het ek ‘n artikel in die Rooi Rose gelees oor die Doeltreffende Ouerskap Leiding kursus (D.O.L.). Ek het dadelik ingeskryf omdat ek geweet het my verhouding met my kinders is nie soos wat ek dit wou hê nie. My lewe het, nadat ek die kursus in Januarie 1999 voltooi het, ingrypend verander. Ek was werksaam as onderwyseres maar het ook in dié jaar myself gekwalifiseer as D.O.L. instruktrise.

Ek het in 2001 amptelik as instrukteur D.O.L. begin aanbied en uit die onderwys bedank. Die aanbieding van die D.O.L. kursus was vir my ‘n direkte aansporing om verder te gaan studeer in 2002 in kliniese sielkunde aan die Universiteit van Pretoria, en verwerf in Junie 2008 my BSocSci (Hons). My studie verpligtinge het my genoop om die aanbieding van die D.O.L. tydelik te staak, maar van Januarie 2008 bied ek weer die D.O.L. kursus aan.

Wat ander sê

“Ek dink die kursus is perfek, die openheid en eerlikheid waarmee Heidi dit aanbied – veral die praktiese toepassing van alledaagse gebeure.”

“Die kursus-samestelling is sinvol en die bevrydende waarheid dat dit aanvaarbaar is om nie altyd in beheer te wees of al die antwoorde te hê nie – die vaardighede is so prakties en eerlik oorgedra”

“Ek het myself beter leer ken, en ek verstaan die verhouding wat ek met my eie ouers het ‘n bietjie beter.”

 Terug