Janet van Schalkwyk
OOS KAAP
Sel: 082 229 1749
E-pos: janet@parents.co.za
Taal: Die kursus word in Engels aangebied, maar alle tale welkom.
Klasskedule:
Die kursus behels 8 klasse van 3 ure elk, en behels lesings, werkboek oefeninge, rolspel en groep-besprekings.
Janet is bereid om in die Oos Kaap te reis om klasse aan te bied. Kontak haar vir meer detail.
In haar eie woorde:
Ek het in 1986 ‘n P.E.T. kursus bygewoon toe my seun dikwels tekens van erge aggressie getoon het en my dogter ‘n teruggetrokke, skugter, stil en sensitiewe kind geword het. Nou dat ek my kinders met baie verskillende persoonlikhede en met sterk karakter-eienskappe suksesvol grootgemaak het, waardeer ek ten volle die waarde van die metodes en beginsels wat ek deur Doeltreffende Ouerskap Leiding geleer het. Na amper 25 jaar het ek besluit om ‘n kursus as Instrukteur in Parent Effectiveness Training te doen sodat ek hierdie metode, wat my gehelp het om my kinders as onafhanklike, gebalanseerde en suksesvolle volwassenes groot te maak, ook aan ander te kan leer.
Ek het vir 20 jaar in my man se ingenieursbesigheid gewerk, maar ook die tyd gehad om die lewe te geniet deur betrokkenheid by amateur teater, honde afrigting en kreatiewe glaswerk. Nou is dit my doel om hierdie suksesvolle metode van ouer-kind verhoudinge met baie ouers te deel.
|