"Die belangrikste faktor vir sukses in 'n kind se lewe, is emosionele intelligensie"

Daniël Goleman, ‘Emotional Intelligence: Why It Can Matter More Than IQ'

 

Karen Badenhorst

GAUTENG (Pretoria en Kempton Park)

Sel: 083 265 9388
E-pos: karen@parents.co.za

Taal: Afrikaans

Karen is 'n opgeleide Maatskaplike Werker en Pastorale Berader.

Klasskedule

Klasse: Donderdae aande.

Die volgende klas begin in Brooklyn, Pretoria op Donderdag aand 19 April 2012, 18:00 tot 21:00.

Kontak Karen vir ander datums. Duur van kursus is 8 weke, een maal per week, 3 ure per sessie.

In haar eie woorde:

Dit is ongelukkig so dat ouerskap, waarskynlik die mees belangrikste lewenstaak wat iemand kan vervul, ook die mees komplekse is maar waarvan jy die minste weet voordat jy daarmee begin!

Ek en my man Gerhard het sowat vyftien jaar gelede al besef dat ons beperkte vaardighede het om wedersyds bevredigende en kwaliteit verhoudings met ons kinders te bou. Die Doeltreffende Ouerskap Leiding (DOL) kursus het bogenoemde leemte in ons mondering as ouers gevul en ons het baie vinnig die positiewe effek van die toepassing daarvan op ons kinders waargeneem. Die ouerskap-vaardighede wat tydens hierdie kursus geleer word, lei ongetwyfeld tot hoër vlakke van funksionering as ouer en gee mens baie meer selfvertroue in die hantering van jou kinders.

Hierdie kursus het dus vir ons die vermoë gegee om die belangrikste verhoudings van ons lewe reg aan te pak. Ons het twee seuns, Juri is 'n derde jaar student en Ivan is in Matriek. Ons het ook in 2008 die trotse ouers geword van Misha, ons dogtertjie wat nou drie is. Ons kry dus weer die geleentheid om reg van voor-af al ons vaardighede toe te pas. Wat 'n plesier....

Met ons dogtertjie se koms het ek net weereens besef hoe groot die behoefte by ouers is om goeie verhoudings met hul kinders te bou deur die regte kommunikasie vaardighede. Met my agtergrond as Maatskaplike Werker en Pastorale Berader vertrou ek dat ek 'n verskil in jou en jou gesin se lewens kan maak deur Doeltreffende Ouerskap Leiding.

Wat ander sê : 

 “Karen is passievol oor DOL en bied die kursus met groot entoesiasme aan. Sy het baie ervaring, kennis en haar voorbeelde uit haar eie huis help baie”

“Karen bied die program baie goed aan deur duidelike praktiese ervaring van toepassing te maak.”

“Karen kommunikeer baie goed die kursus vaardighede, dit is verstaanbaar en sy pas die tegnieke wat sy ons leer puik toe op ons.”

“ Ek  self as mens het baie gegroei”

“Wens die kursus was nog langer” 

 

 

Terug