"Ek het altyd besef dat daar beter metodes moes wees, maar hoe om daar uit te kom was 'n ander saak. DOL het my gewys hoe."  

Marti Björkman

 

 

 

CENTURION, MIDRAND en BRYANSTON                  

 

Tel:                  012 667 4654

Sel:                  082 339 1543

E-pos:             marti@parents.co.za

 

Taal: Afrikaans/Engels

 

Marti was nog altyd ‘n onderwyseres. Menseverhoudings, en veral die dinamiek tussen ouers en kinders, het sy nog altyd interessant gevind. Sy het haar opleiding as Narratiewe Terapeut in 2001 voltooi. Op die oomblik, behalwe vir haar werk as D O L instrukteur, werk sy as ‘n Narratiewe Terapeut en Wiskunde dosent.

 

 

Klasskedule:

 

Klasse strek oor 'n tydperk van 8 weke, een maal per week, drie ure per klas.

Kontak Marti vir besonderhede.

 

In haar eie woorde

 

Ek het nog altyd geweet dat ‘n ouer se verhouding met haar kinders een van liefde en respek kan wees.  D O L het my die vaardighede gegee om so ‘n verhouding met my eie kinders te hê, iets waarvoor ek altyd dankbaar sal wees. In my werk met kinders sien ek dikwels die probleme wat ontstaan as gevolg van die misbruik van mag, asook die afbrekende effek wat Skuld en Vrees op baie mense se verhoudings met hulle kinders het. Dit het vir my baie belangrik geword om D O L aan soveel gesinne as moontlik beskikbaar te stel, omdat ek weet watter ongelooflike verskil dit in kinders (en ouers) se lewens maak.

 

Wat ander sê

 

“Ek wens ek het die kursus 10 jaar gelede gedoen . . . ek sou soveel meer plesier uit my kinders kon kry!”

 

“Hoekom is die kursus nie verpligtend vir alle ouers nie?!”

 

“Deur my eie gevoelens te leer respekteer, het dit vir my moontlik geword om ook my kinders se gevoelens te respekteer. Dis glad nie meer vir my moeilik om presies te sê hoe ek voel oor ‘n saak nie. Dis nou ook glad nie meer vir my onaanvaarbaar as my dogter heeltemal anders voel oor ‘n saak as ek nie. Ons sit nou lekker en gesels oor so baie dinge – sy is heeltemal openlik oor hoe sy voel, en ek kan waardering kry vir haar manier van dink, haar vermoë om probleme te hanteer.”

Terug