|
Sel: 083 459 2418
E-pos : nikki@parents.co.za of nkats@mweb.co.za
Taal: Afrikaans / Engels
Nikki is ‘n professionele Besigheids en Lewensvaardigheids Konsultant, en het aanvanklik in ‘n finansiële posisie gewerk. Sy is ‘n ywerige ma van twee kinders en sy en haar man bly in Bruma, Johannesburg.
Klasse strek oor 'n tydperk van 8 weke, een maal per week, drie ure per klas. Kontak asseblief vir Nikki vir datums en besonderhede.
Ek het ‘n paar jaar gelede gekwalifiseer as ‘n Ge-oktrooieerde Rekenmeester, maar nadat ek kinders gehad het, het ek besluit om vir eers uit die besigheids wêreld te tree en meer tyd beskikbaar te hê vir my familie.
Vir die afgelope paar jaar konsulteer ek as ‘n Besigheids en Lewens-vaardigheids Konsultant (geregistreerd by COMENSA) vir beide individue of groepe. Nou vind ek dit uiters bevredigend om in staat te wees om my Lewens “Coaching” vaardighede te kombineer met die DOL kursus! Ek is passievol om die praktiese kommunikasie vaardighede, die taal van aanvaarding en liefde, en baie ander waardevolle wyshede van DOL oor te dra na soveel ouers as moontlik. Hierdie kursus sal jou/julle leer hoe om konflik situasies te hanteer met ‘n Geen-verloor (“Wen/Wen”) metode, en die belangrikste van alles, hoe om te luister na jou kinders, en te praat sodat hulle na jou kan luister.
"Ek het alles waardeer in hierdie kursus. Die beste deel is dat dit prakties is en gedoen kan word sodra die kursus verby is!"
"Ek sal die vaardighede van hierdie kursus deel met soveel mense as wat ek kan!"
"Ek het 'n nuwe vlak van respek vir my kinders se behoeftes, ongeag hul ouderdom!"
"Deur saam te werk om probleme op te los het my verhouding met my kind verbeter. Dankie vir die verskil wat DOL in my lewe gemaak het!"
"Ek het hierdie kursus uiters waardevol gevind, nie net vir my verhouding met my kinders nie, maar ook my verhouding met my man, ouers en vriende! "
"Ek is mal oor die benadering van die “Geen-verloor” metode en hoe om jou kind met respek te hanteer!”
Terug |