Venette Auret
Centurion
Sel: 084 677 3762
E-pos: venette@parents.co.za
Taal: Afrikaans
Venette is 'n ma van 2 seuns, en ook die eienares van twee kleuterskole in Centurion.
Klasskedule:
Klasse strek oor 'n tydperk van 8 weke, een maal per week, drie ure per klas.
Kontak Venette vir besonderhede.
In haar eie woorde
Ek het die eerste keer in aanraking gekom met DOL toe my oudste seun 18 maande oud was. My kind was 'n besige kleuter met 'n sterk wil en woede uitbarstings. Ek het glad nie geweet hoe om hom te hanteer nie. DOL het my insig gegee hoe om my kind te hanteer en ouerskap was weer lekker. Ek kon met die kommunikasie vaardighede wat ek geleer het, hom leer om verantwoordelikheid te neem vir sy eie emosies en het toegekyk hoe my seun emosioneel groei.
DOL was vir my die handleiding wat ek nodig gehad het om my kinders te ontwikkel in volwaardige mense, sodat hulle hul volle potensiaal eendag kan bereik. Soos my kinders ouer word, pluk ek al hoe meer die vrugte van goeie kommunikasie. Ek besef elke dag dat konflik tussen my en my kinders positief is, en dat daar groei plaasvind in ons verhoudings soos ons ons verskille uitwerk. Dis vir my heerlik om 'n oop, eerlike kommunikasie kanaal tussen my en my twee seuns te hê.
Deur my kleuterskole het ek die ongelooflike behoefte by ouers gesien om beter verhoudings met hulle kinders te hê en het toe besluit om 'n instrukteur te word sodat meer ouers van die wenresep te wete kan kom.
Wat ander sê
“Venette het haar regtig goed van haar taak gekwyt, die kursus het 'n massiewe impak op my denkwyse gehad.”
“Die kursus het my insig gegee oor ander maniere om my kinders te benader. Venette is 'n uitstekende instrukteur! Well done!”
“Venette het deernis en verstaan hoe om mense en sitsuasies op te som en te hanteer. Sy het ongelooflik baie ervaring met kinders.”
“Sy het eerstehandse ervaring met haar eie kinders en kleuterskool se kinders wat veroorsaak dat ek haar 100% vertrou.”
“Baie persoonlike ervaring - intressant om na te luister! Sy het regtig baie kennis oor kinders.”
Terug
|