|
Die kursus is gerig op een of beide ouers en word tans in Gauteng, die Vrystaat en in die Westelike Provinsie aangebied
Ideaal word dit aan klein groepe met ‘n maksimum van 12 kursusgangers aangebied, wat sodoende individuele aandag en deelname verseker. Afhangende van die Instrukteur en/of die behoeftes van voornemende kursusgangers kan die kursusformaat varieer:
8 weke: Een klas van 3 ure per week,
5 weke: Een klas van 4 ure per week,
‘n Naweek kursus, of
Individuele sessies oor 12 weke.
Kursusfooie sluit in:
- Doeltreffende Ouerskap Leiding Handboek, ‘n vertaling van Dr. Gordon se “Parent Effectiveness Training” boek
- Doeltreffende Ouerskap Leiding Werkboek
- Bywoningsertifikaat
Vir diegene wat nie klasse kan bywoon nie, is daar wel alternatiewe:
`n Self-studie kursus wat bestaan uit ‘n stel van 8 CDs (in Afrikaans) , Werkboek en Handboek, plus telefoniese of e-pos konsultasie.
Die PET Handbook is ook beskikbaar op CD ( in Engels).
Module 1
Kursus oorsig.
Eienskappe van 'n "Doeltreffende Ouer."
Verstaan die gedragsvenster.
Probleem eienaarskap.
D.O.L. doelwitte.
Stel van eie doelwitte.
Wat is kommunikasie versperrings.
Module 2
Alternatiewe vir kommunikasie versperrings.
Verduidelik die vaardigheid van "Aktief Luister."
Hoe om die vaardigheid van "Aktief Luister" te gebruik as jou kind 'n probleem het.
Module 3
Verdere oefening van "Aktief Luister."
Nie-verbale kommunikasie.
"Aktief Luister" by kinders wat nog nie praat nie.
Module 4
Hantering van on-aanvaarbare gedrag by die kind.
Verkeerde maniere van praat.
"Ek-boodskappe."
Oorskakeling tussen vaardighede.
Module 5
Toepassing van "Ek-boodskappe."
Effektiewe self-ondersoek.
Vermyding van oneffektiewe konfrontasie.
Effektiewe konfrontasie: "Ek-boodskappe."
Hantering van weerstand.
Positiewe "Ek-boodskappe.
“Voorkomende "Ek-boodskappe."
Verandering van die omgewing om probleme op te los.
Module 6
Konflikhantering.
Oneffektiewe maniere van konflikhantering:
Metode I - Die autoritęre ouer;
Metode II - Die permissiewe ouer;
Metode III - Die geen-verloor metode.
Module 7
Die 6 stappe van probleemoplossing.
Metode III vir familie situasies.
Module 8
Hantering van waardebotsings.
Onderskei tussen waardebotsings en behoeftebotsings.
Verskillende vaardighede om waardebotsings te hanteer.
Kursus evaluasie.
Die kursus is gebaseer op die stelling : “Kinders is nie stout nie. Hulle tree op om hul behoeftes te probeer bevredig." |